BLOEMERS
KOSTEATER
SPYSKAART
VOORGEREG
PA KOOS SE KERRIESULT R 15
vir die 'Ingelse' dit is 'brawn'
EGTE REGTE WESKUS SMOORSNOEK R 15
gerookte snoek met aartappels, uie en soetrissies gesmoor
en bedien met brood en konfyt
PA SWANNIE SE BILTONG R 15
pa Swannie se liefde vir varsgebakte brood en beesbiltong
is al 'n familielegende
HOENDERLEWER PATEE R 15
bedien met heerlike vars brood
KERRIEVIS R 15
lekker gepiekel met uie en speserye - koud bedien met brood
REENBOOGBORD R 43
'n keuse van drie van die bogenoemde voorgeregte, vir die
wat nie hulle "mind" kan opmaak nie!

SO NOU EN DAN
SOP VAN DIE DAG R15
vra jou kelner oor die sop van die dag, bedien met brood
FRANCOIS SE BOEREKAVIAAR R 17
lekker murgbene met kruie en suurlemoen
" 'n mens moet nie al die murgbene op een aand uitstamp
nie." - PJ Schoeman
KAROO KAIINGS R 17
uitgebraaide lamsvet met suurlemoenskywe en brood
KNIBBEL R 10
plek los vir poeding? kies een van ons voorgeregte, en vra
vir 'n 'knibbel'
net genoeg om jou lus te maak!

HOOFGEREG
EGTE REGTE WESKUS SMOORSNOEK R31
gerookte snoek met aartappels, uie en soetrissies gesmoor
en bedien met die groente van die dag
KERRIEVIS R31
lekker gepiekel met uie en speserye - koud bedien met die
groente van die dag
BOBOTIE R 29
volgens die Bolandse tradisie voorberei met 'n ligte kerriesmaak
-
word bedien met begrafnisrys
GEPEKELDE TONG R 34
met 'n heerlike mosterdsous
TANNIE BABA SE GEWILDE HOENDERPASTEI R 35
'n tradisionele familieresep
BREDIE VAN DIE DAG R 38
'n lamsvleisbredie bedien met rys of stampmielies
GROENTE GEDOENTE R 29
spesiaal vir die 'veggies', vra jou kelner oor vandag se "gedoente"
POTBRAAI R 37
laat jou terugdink aan daai 'roast' van Sondae
FRIKKADELLE R 29
word bedien met stampmielies en tamatie-en-uiesmoor
PASTEI VAN DIE DAG R 35
spesiaal gemaak vir vandag
Onthou skatties !
Die hoofgeregte word bedien met groente van die dag,
pampoenkoekies en slaphakskeentjies

SO NOU EN DAN
MA RINA SE KERRIE AFVAL R 42
niemand in die Vrystaat kook afval soos Ma Rina nie
SOSATIES R 33
gemarineerde vark sosaties, bedien met kapokaartappels
BLOEMERS SE BEESSTERT R 48
die lekkerste beesstert in die Kaap

POEDINGS
MONA SE MELKKOS - VOL R 13
- HALF R 10
POEDING VAN DIE DAG R 13
GESTOOFDE VRUGTE MET VLA R 13
MELKTERT R 9
BOERETROOS R 5
- HERVUL R 3
TEE - rooibos en ceylon R 5
PROFFIE - koffie met 'n proppie brandewyn of whiskey R 7
KLIP IN DIE BOS - rooibos tee met klipdrift brandewyn R 7
IRISH COFFEE R 12
DONNERSE PEDRO R 12
Byt Vas - dis die moeite werd om vir ons kos te wag
'n Diensfooi (vir stres) van 10% vir groepe van 10 of meer

IETS VIR DIE KEEL
COKE, COKE LITE, TAB R 5
TONIC, DRY LEMON, GINGER ALE, LEMONADE, SODA WATER R 5
APPLETISER, GRAPETISER R 5
MINERAAL WATER R 6
VRUGTESAP R 7
CASTLE, BLACK LABEL, CASTLE LIGHT, LION R 7
WINDHOEK LAGER, WINDHOEK LIGHT, AMSTEL R 8
REDDS, SAVANNA, HUNTERS DRY R 8
SMIRNOFF ICE R 10
CINZANO, VODKA, WHISKEY, BRANDEWYN,
RUM, GIN, CANE R 7
FRANGELICO, JACK DANIELS R 9
COGNAC R 12
TEQUILA R 8
SCHNAPPS - PERSKE, POMELO R 8
MAMPOER / WITBLITS R 8
APPLE SOUR R 7
AMARULA WILD FRUIT CREAM R 7
PEPPERMINT LIKEUR, KOFFIE LIKEUR R 7
SPRINGBOKKIE R 8
NUY WIT MUSKADEL R 7
DIE KRANS CAPE RUBY PORT R 7
OLD BROWN SHERRY R 6
MONIS MEDIUM CREAM SHERRY R 7
|